Ellie’s reflection on a Hogsback Christmas 2012

Photo: 25 Desember 2012Kersfees, en soos gebruiklik bevind ek my in die misterie van die onsigbare dorpie Hogsback. Weg van die gejaagde lewe van inkopiesenrums wat uit hul nate bars van mense wat koorsagtig aan die shop is om vir oulaas die kersfees vreugde, voedsel en nodige (of dalk heel onnodige) laaste geskenk wat nog onder die boom gedrapeer moet word, te vergader....Weg  van die state wat  telkens onverwags roekelose ietwat alkoholies gestremde mense voor jou kan laat opdoem en wat  aan die betekenis van Kersfees net ‘n vae gedagte toelaat…Weg van enige iets wat my daaraan kan herhinner dat die verdien van ons daaglikse brood eintlik in die sweet van ons aangesig verdien moet word…Hier op die berg, waar die rus en vrede so stelselmating vanaf jou aankoms dag vir dag jou gebeentes indring totdat die ware vrede wat verwesenlik word deur die geboorte van Christus, nie anders kan as om deel van jou gees en wese te word nie.So het Kersoggend dan ook aangebreek met die welkome mis wat  stadig van onder van die vallei  af instoot, al ho?r teen die berg en tussen die woudagtige boomreuse deur totdat dit voel asof jy omring is met ‘n snoesige wasige kombersie…. Wat mens onwillekeurig laat dink aan die liefde van Jesus….Siende dat die mis vandag gepaard gegaan het met dreigemente en spore van  hemelse waterstrome, is die Kersdiens verskuif vanaf die arboretum waar eeue ou bome na die hemel uitryk en boomstome van gesneuwelde reuse as sitplekke dien , na die St Patrick klipkerkie  gelee in ‘n  soortelyke geskikte sprokiesagtige omgewing.En voordat die Christusfees gesels amptelik kon begin, het ‘n donkie die binnekring van die klipgeboude plek van samekons binnegekom om soos lank tevore die blye boodskap af te lewer . Dit  het die gebeure  laat ontvou van ‘n Christuskind, gebore in ‘n stal, met engele wat sy koms besing en herders wat  sy koms met eie oe kom beskou.  Maar ook van ‘n donkie wat hom weer moes  help wegdra na veiligheid as die mensdom in die vorm van ‘n aardse Koning dink hy kan die Jesus kind se koms ontken. Die gedagtenistog na die offer wat die Jesuskind uiteindelik vir ons moes bring, het my weereens in verwondering gelaat oor die blessing wat ek kan beleef om deel van Sy verlossingsplan te wees.En toe ons die klipgebou uitstap saam met mede verlostes, vanaf oorspronge ver wyer as die grense van ons geliefde land, het die lowergroen uitsig, vars en helder en skoon daaruit gesien. So asof  dit ons daaraan wil herhinner dat die koms van die Jesuskind en Sy offer vir ons aan die kruis ons ook weer skoon en vars teruggee aan die wereld om die skoonheid van Sy verlossingswerk aan die mensdom te vertoon.En daarmee wil ek aan al my facebook en ander vriende ‘n Geseende Kersfees toewens en 'n nuutgevulde geesteservaring  wat julle ook skoon en vars aan die wereld sal laat vertoon!!Groete uit die skoon en vars Hoggies!!!

Kersfees, en soos gebruiklik bevind ek my in die misterie van die onsigbare dorpie Hogsback.

Weg van die gejaagde lewe van inkopiesentrums wat uit hul nate bars van mense wat koorsagtig aan die shop is om vir oulaas die kersfees vreugde, voedsel en nodige (of dalk heel onnodige) laaste geskenk wat nog onder die boom gedrapeer  moet word, te vergader….

Weg van die strate wat telkens onverwags roekelose ietwat alkoholies gestremde mense voor jou kan laat opdoem en wat aan die betekenis van Kersfees net ‘n vae gedagte toelaat…

Weg van enige iets wat my daaraan kan herhinner dat die verdien van ons daaglikse brood eintlik in die sweet van ons aangesig verdien moet word…

Hier op die berg, waar die rus en vrede so stelselmating vanaf jou aankoms dag vir dag jou gebeentes indring totdat die ware vrede wat verwesenlik word deur die geboorte van Christus, nie anders kan as om deel van jou gees en wese te word nie.

So het Kersoggend dan ook aangebreek met die welkome mis wat stadig van onder van die vallei af instoot, al hoer teen die berg en tussen die woudagtige boomreuse deur totdat dit voel asof jy omring is met ‘n snoesige wasige kombersie…. Wat mens onwillekeurig laat dink aan die liefde van Jesus….

Siende dat die mis vandag gepaard gegaan het met dreigemente en spore van hemelse waterstrome, is die Kersdiens verskuif vanaf die arboretum waar eeue ou bome na die hemel uitryk en boomstome van gesneuwelde reuse as sitplekke dien , na die St Patrick klipkerkie gelee in ‘n soortelyke geskikte sprokiesagtige omgewing.

En voordat die Christusfees gesels amptelik kon begin, het ‘n donkie die binnekring van die klipgeboude plek van samekons binnegekom om soos lank tevore die blye boodskap af te lewer . Dit het die gebeure laat ontvou van ‘n Christuskind, gebore in ‘n stal, met engele wat sy koms besing en herders wat sy koms met eie oe kom beskou. Maar ook van ‘n donkie wat hom weer moes help wegdra na veiligheid as die mensdom in die vorm van ‘n aardse Koning dink hy kan die Jesus kind se koms ontken. Die gedagtenistog na die offer wat die Jesuskind uiteindelik vir ons moes bring, het my weereens in verwondering gelaat oor die blessing wat ek kan beleef om deel van Sy verlossingsplan te wees.

En toe ons die klipgebou uitstap saam met mede verlostes, vanaf oorspronge ver wyer as die grense van ons geliefde land, het die lowergroen uitsig, vars en helder en skoon daaruit gesien. So asof dit ons daaraan wil herhinner dat die koms van die Jesuskind en Sy offer vir ons aan die kruis ons ook weer skoon en vars teruggee aan die wereld om die skoonheid van Sy verlossingswerk aan die mensdom te vertoon.

En daarmee wil ek aan al my facebook en ander vriende ‘n Geseende Kersfees toewens en ‘n nuutgevulde geesteservaring wat julle ook skoon en vars aan die wereld sal laat vertoon!!

Groete uit die skoon en vars Hoggies!!!

[This post was reposted with permission from Facebook- thanx Ellie]

This entry was posted in Christmasses. Bookmark the permalink.

Leave a Reply