Help needed

How often do we drive past squatter camps and wonder how people can cope living like that. Makes me count my blessings!

I received this in my e-mail today with a whole load of photos. It really seems as if they can do with some practical help. Why not clear out that store room where years of “valuable” junk have been gathering. This little desperate community might just put our old junk to good use…

“Vir die wat nie bewus is daarvan nie hiermee besonderhede van die blanke plakkerskamp by die Krugersdorpdam. Ek was Saterdag weer daar en word elke keer opnuut bewus van die aaklige omstandighede van hierdie mense. As jy enigsins kan help kontak my groot asseblief … ONS MOET HIERDIE MENSE HELP.

Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke. Ons wag vir gesinne lys vanaf Hugo die persoon wat die park/kamp ordelik te probeer bestuur, en sy skoonpa (een op ‘n tyd die hoofkok op die bloutrein van transnet) is verantwoordelik vir die sopkombuis. Hugo se vrou Irene sorg dat die ablusieblokke skoonbly,sien om na die siekes. Die algehele omstandighede daar is benard en bly die mense in haglike omstandighede. Daar het intussen nog drie gesinne ingekom.. Chris, Riekie en Marietjie (4) het in hul motor gebly totdat vriende ‘n tent verskaf het Saterdag… ons het ook komberse gegee en kussings, maar hulle benodig alles waarmee mens huis moet hou… hulle het niks, niks, niks. So ook Jan (52 + large) en Santi (43 + 38) het ook niks, niks niks. (hulle bly tans in die stoorkamertjie maar moet plek maak sodat kos en klere gestoor kanword. Geen kos word uitgedeel aan die mense nie, en dit word gehou vir die sopkombuis. As daar ekstra brood, groente en vrugte is word dit wel uitgedeel.

Ons het dringend die volgende artikels nodig. Hierdie mense is baie en meer as bereid om baie van die werk sal te doen. Hulle oorleef wonderbaarlik onder hierdie haglike omstandighede….

Die ablusie blokke het slegs 2 baddens, 2 storte en 3 toilette in, vir die mans en dames afsonderlik., met slegs sementvloer. En hierdie 230 mense moet dit elke dag gebruik.

Die brood nodigste om mee te begin:- (Ja die lys is baie lank, want daar is niks., niks niks.)

1. Beligting. Ligte om buite op te sit vir die nag as iemand toilet toe moet gaan asook veiligheid.. Hulle benodig 10 florecent ligte 4vt, 5vt en 6 vt.

2. Een van die groot geyser het gebars – kan heel gemaak word, maar dalkies het iemand ‘n ander geyser om te skenk.

3. 16 Brazing Rods. Hugo reken hy sal die geyser kanregmaak..

4. Plasiese tafels en stoele.

5. as iemand weet van afdak om voor die sopkombuis op te sit.

6. skoonmaakmiddels. Die badkamers is groot gesondheisrisiko..

7. enige baba badmiddels, medisyne, poeier,weggooidoeke ens. (babas is 1 maand 3mde, 4mde, 1half jaar, een dame gaan oor ‘n maand baba he, baie kleuters en laerskoolkinders…..

8. Kinderklere.

9. Elektriese draad en trip skakelaars. (vir nuwe bedrading.)

10. Gas bottels. en stofies. Hulle ondervind oneindig baie kragonderbrekenings…

11. Enige medikasie, hoesgoed en pleisters, Savlon, rome. Daar is nie geld vir hospitaal as iemand seerkry nie… en met die 60 kinders daar is dit groot probleem. Iemand het noodhulpkissie voorsien.. maar ons het nodig om dit gedurig op te vul.

12. Babakos en melk. Purity No 1 (melk) Ryspap (nestle No 1.) NANNo 1.

13. Sambrele vir skaduwee.

14. Enige kos, blikkies, sop, pasta, groente en vrugte ens vir die sopkombuis. dit word daar toegesluit en word beheer deur die kok Simon. Tans kry die inwonders net elke tweede dag kos.

15. teels en teelsement…. as ons die badkomers kanteel sal dit ook meer higenies wees. Tans is dit ‘n masiewe probleem.

16. Energie besparings gloeilampies.

17. Swartsakke vir gemors en skoonmaak van terrein.

18. Enige ou tuingereedskap, grasmasjiene en kantsnywers… Die munisipaliteit maak nie die terrein skoon nie.

19. Tente of enige seile om tente waterdig te maak.

20. Ou karavane.

21. Zozo hutte.

22. Enige beskutting waar kleuters gehuisves kan word om te speel en in te kleur. (Ren het rol draad om dit te omhein) Sonja van St Mary’s kinderhuis het ook klimraam vir die kleintjies geskenk)

23. Enige speelgoed vir die kinders. (daar is omtrent 60. ek wag vir ‘n lys met name en ouderdomme vanaf Hugo.

24. Enige hout, spykers en skroewe. (daar is 3 skrynwerkers wat nie werk het nie en hulle kanhutte of beskuttings hiermee bou.)

25. Sinkplate.

26. Enige staal (Hugo het sweismasjien om tafels en beskuttings mee te maak.)

27. Ou hout pallets om in skuilings te sit om te dien as ‘n vloer… die grond bly nat en koud).

28. komberse en kussings.

29. enige wol en breipenne (meeste van die dames kanbrei, en sal vir die kinders en oumense bedsokkies kanbrei.)

30. Naaldwerkmasjien en gare ( baie dames kanklere maak, en sal help met die heelmaak van klere wat stukkend is.)

31. sement. ( in die lapa en die vloer voor die kombuisie. huidiglik net grond en modder)

Hugo het ‘n bakkie en is bereid om enige skenkings te gaan afhaal indien die skenker nie kannie.

Hugo benodig ‘n borg. die kinders se skoolfonds is groot probleem. Die eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde. Die res word afgeskryf. Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie. Daar is enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing.

Ek hoop regtig dat ons so ‘n klein bietjie die nood van verlig…ons sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie. Die kinders en oumense is die grootste prioriteit.

Dankie vir jou tyd..ek waardeer dit opreg. Maar gepraat van waardeer moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem. Die kinders het saterdag elkeen ‘;n groot pakkie smarties gekry, en dit was XMAS.

Kontak Petra Swiegers
Tel: 011 794 9819
Fax: 011 794 3885
Cell: 083 267 7707
petren@iafrica.com <

  • Share/Bookmark