Mitti se dubbel 30!!

Mitti & Roy looking cool at her bday eat-out!!Mitti (Verster-Scholtz-Hunter), Jd se ouer sus, verjaar vandag (5 Mei). Nie net enige ou verjaarsdag nie- sy word dubbel 30! Sy lyk egter nog redelik goed…jou average 30 jarige blondine kyk na haar met absolute bewondering.

Roy en Phillip hou vanaand ‘n braai by die huis ter ere van haar oorlewing van die dag. Ons het haar Saterdag aand gejoin vir ‘n heerlike partytjie ete by Roma Restaurant in PE. Dit is ‘n welbekende feit dat ek en JD geen (hoegenaamd geen) kans vir ‘n celebration sal laat verby gaan nie en sy moes ons toe maar oornooi!

Die arme ding het egter ‘n woeste dag gehad. Sy moes die heel dag presente opmaak, vir ander ma`s vir Sondag se moedersdag. Vir die wat nie weet nie, sy is die Giftlady. En om dinge nog erger te maak het die familie haar die hele dag gebel en haar herinner dat sy nou dubbel 30 is! Erg! En as dit nie genoeg is nie is sy ook besig om haar nuwe B&B aan die gang te kry. So, al wat ek kan se is dat vir onse Mitti begin die lewe op dubbel 30! Haar ou wulpse mannetjie, Roy, wat sy verlede jaar mee afgehak het, stem heeltemal saam….

So, geniet jou volgende dubbel 30 Mitti! Mag jy nog baie harte bly maak met al jou persente oor die land, en mag jou nuwe B&B vol happy mense wees, en mag jy nog baie gelukkige familie oomblikke beleef (uhhh…)

Ons bly baie lief vir jou!

Meer fotos…

  • Share/Bookmark