Oud word

Ek het so baie groot verjaarsdae hierdie maand dat ek nie kan help om die volgende tot almal se aandag te bring nie. (Dankie Lanie)

Jy besef jy is besig om oud te raak as …

  • Jy agterop ‘n nuwe CD nie kan agterkom watter is die lied se naam en watter is die sanger(s) s’n nie.
  • Mense sleg voel om jou na 9 saans te bel
  • Daar niks meer is wat jy nog op die harde manier moet leer nie
  • Jy partykeer aandete eet as die son nog skyn
  • Jy jouself as ‘n kenner van mediese fondse en pensioenplanne beskou
  • Spoedbeperkings nie meer vir jou ‘n uitdaging is nie
  • Jy nie meer gebodder kan wees om jou maag in te trek nie, maak nie saak WIE in die vertrek inkom nie
  • Jou gewrigte beter weervoorspellers is as die Weerburo self
  • Share/Bookmark